Local newsNewsNews
Vrou gee terug aan PAWS vir haar 70ste verjaarsdag
Natalie van der Merwe het vir haar 70ste verjaarsdagpartytjie vir al haar vriendinne gevra om eerder kos vir PAWS te koop as om geskenke vir haar te gee.
Daar is baie maniere om jou 70ste verjaarsdag te vier, maar Potchefstromer, Natalie van der Merwe, het besluit om eerder te gee as te neem.
Vir hierdie 70 jaar haar mylpaal het sy besluit om honde-en katkos vir Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) in te samel.
Natalie het ‘n partytjie gehou en al haar vriendinne gevra om hierdie broodnodige kos te skenk eerder as om geskenke vir haar te gee.
Jua Jonker (dogter van Dr. Hannes Jonker, wat goeie vriende met Natalie se seun Zack is) het verlede maand die kos by PAWS gaan afgee en sommer ook tyd saam met al die diere spandeer.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



