Local newsNewsNews

Appel val nie ver van die boom af nie met 12de nasionale mampoertitel vir Schoemanati

"Ek het al my stookkursusse gaan doen en het alles by my pa geleer."

Vir die twaalfe keer vanjaar is die Schoemans van Schoemanati die Nasionale Mampoer-kampioen met Dawie Schoeman, Boet Schoeman se seun, wat ‘n glasie op sy tweede nasionale title klink.

Dawie het ook die toekennings vir beste perske-en appelkoosmampoer verower.

Schoemanati is ‘n alombekende naam in Potchefstroom en hierdie familiebesigheid het al vir baie sukses oor ses geslagte gesorg. Die Schoeman-familie stook al van 1844 af.

In totaal het Schoemanati 68 medaljes verower by vanjaar se kompetisie vir hulle verskeidenheid produkte. Boet het ses individuele toekennings verower (beste appelmampoer, beste natuurlike likeur, meeste punte in ‘n klas, klaswenner en dubbelgoud vir beste 10 jaar oud vye likeur sowel as klaswenner en dubbelgoud vir sy chilli likeur.)

Dawie en sy pa, Boet wat een van sy groot inspirasies is en hy van mampoerstook geleer het.

Vir Dawie, ‘n oud-Volkie wat tans in George bly, is mampoer stook iets wat al deel van sy lewe van kindsbeen af is.

“Ek het groot geword op die plaas tussen die stook ketels. Ek is die sesde geslag stoker in die Schoeman familie. Ek het al my stookkursusse gaan doen en het alles by my pa geleer. As ek nou nog sukkel met iets dan vra ek hom. Ek is bevoorreg om so goeie leermeester te hê,” noem hy oor sy pa, Boet.

 

Een van die geheime agter die sukses van Schoemanati se produk lê in die natuurlike proses waar daar baie aandag en geduld geskenk word.

“Ons mampoer en witblits is 100% suiwer en ons voeg geen suikers of enige ander middele by nie. Die hele gistingsproses vind natuurlik plaas. Dit is harde werk en verg baie geduld,” sê Dawie.

Die kwaliteit van die vrugte wat gebruik word speel ‘n ontsettende belangrike rol om die beste mampoer te stook.

“Geloof, geduld en harde werk is baie belangrik. Die kwaliteit produk wat jy stook het te doen met die kwaliteit vrugte wat jy gebruik. As dit ‘n swak seisoen is vir die vrugteboere dan is jou produk ook nie goed nie. Jy kan nie die stookproses aanjaag nie – jy moet geduld hê.”

Buiten Dawie se toekenning het sy vrou, Elsie ook deelgeneem en haar klas gewen met dubbelgoud vir haar uit kersielikeur. Sy skoonma, Ella Hall, het ook drie toekennings verower, met onder andere haar Sitrusgin wat ‘n groot treffer (dubbelgoud) was.

“My hele familie inspireer my, spesifiek my vrou Elsie. My daaglikse inspirasie is dat elke dag ‘n geskenk van God is en dat ‘n mens elke dag voluit moet lewe tenspyte van jou omstandighede. Niks is verseker in die lewe nie.”

Dawie Schoeman en sy vrou, Elsie, wat albei klasse by die Nasionale Mampoer Kompetisie in Rayton verower het.

Mampoer het ‘n baie ryk geskiedenis en Dawie spoor mense aan om deel te word van die tradisie. Dawie is van mening dat appelkoosmampoer sy gunsteling is aangesien dit ‘n besondere geur het.

“Mense is welkom om ons te kontak. Ons deel graag ons kennis.”

Vir navrae kan Dawie by dawieschoeman@yahoo.com of  schoemanati@absamail.co.za gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button