Taakspan wil foto en video-argief van onlangse vloed opstel
Die taakspan vergader Dinsdag (22 November) maar wil graag al die moontlike inligting tot hulle beskikking hê, sodat daar nog beter beplan kan word vir die toekoms.
Die afgelope week se vloedwater wat gedeeltes van Potchefstroom teenaan die Mooirivier laat oorspoel
het, is stelselmatig besig om te sak.
DA wyksraadslid, Bertus le Roux, noem dat die Heilige Akker se strate juis oorgeloop het omdat die volume water te veel was.
“Die rivier was te vol en sodoende kon die hoveelheid water nie betyds deur die afvoersloot gaan nie. Baie van die water op die sportgronde het na die strate in die omliggende area oorgeloop,” noem Le Roux.
“Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit het gebeurlikheidsplanne in plek, dus was inwoners veilig. Strate is gesluit en sandsakke is versoek om oorstromings by sekere huise te versag,” het J.B. Marks munisipaliteit woordvoerder, Jeanette Tshite, genoem.
Die kans is goed dat die vloedwater oor die volgende 2-3 dae sal opklaar.
Volgens Le Roux is dit goed dat ‘n taakspan nou opgerig is om soortgelyke vloedsituasies te kan hanteer en vroegtydig kan beplan, veral in hierdie reënseisoen.
“Al die rolspelers het nou bymekaar gekom en mekaar ontmoet en ek glo hiedie taakspan se samewerking sal voordelig wees, veral omdat hierdie ‘n La Nina jaar (meer reënval) is en nog reën verwag word,” noem hy.
Die taakspan vergader Dinsdag (22 November) maar wil graag al die moontlike inligting tot hulle beskikking hê, sodat daar nog beter beplan kan word vir die toekoms.
Inwoners kan foto’s en video in die tydperk tussen 12-20 November by die volgende skakel met beskrywings oplaai:







