Local newsNewsNews
Man met beserings hospitaal toe na motorongeluk
Daar is vanoggend omstreeks 08:00 ‘n motorvoertuig met sy wiele in die lug gewaar op die hoek van Chief Albert Luthuli-weg en Govan Mbekilaan. Nooddienste (ER24) en die SAPD was op die toneel. Volgens NW polisiewoordvoerder, Col. Adele Myburgh, is ‘n man in die voertuig met ‘n gebreekte arm gevind. Hy is ook per ambulans …
Daar is vanoggend omstreeks 08:00 ‘n motorvoertuig met sy wiele in die lug gewaar op die hoek van Chief Albert Luthuli-weg en Govan Mbekilaan.
Nooddienste (ER24) en die SAPD was op die toneel.
Volgens NW polisiewoordvoerder, Col. Adele Myburgh, is ‘n man in die voertuig met ‘n gebreekte arm gevind. Hy is ook per ambulans na ‘n hospitaal geneem.
Die ongeluk het naby die vlei by die Trimpark plaasgevind waar die voertuig in die gras gevind in.
“Die polisieduikers was op die toneel net om seker te maak dat daar niemand anders in die voertuig was nie,” noem sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



