Laerskool Mooirivier het hulle titel as Super 12 swemkampioene met lof verdedig, met ‘n uitstekende spanpoging vanjaar.
By hierdie swemgala wat op Saterdag, 5 November by Trinityhouse Little Falls in Roodepoort plaasgevind het, het die Tokkie swemasjien hulle staal bewys.

Die opgewondenheid was alreeds tasbaar 05:00 die oggend toe Mooirivier se troepe na die byeenkoms per bus vertrek het. ‘n Gevoel van opgewondenheid gemeng met ‘n tikkie senuwees het in die lug gehang met ‘n groot dag se swem wat voorgelê het.
Agt ander sterk skole was Tokkies se kompetisie op die dag, onder andere Menlopark, Constantiapark, Vastrap, Hennopspark, Stephanus-Roos, Tzaneen, Pietersburg-Oos en Fontainebleau.
Elke Tokkie het hulle harte uit geswem en hul het beslis die vrugte daarvan gepluk.
Die dogters het ook gewys dat hulle nie vir koue water skrik nie en is ook as die algehele dogters swemkampioene bekroon.




