Local newsNewsNews
Besige aand vir noodhulpdienste met verskeie motorongelukke
In totaal het ER24 per ambulans nege pasiënte na Potchefstroom Hospitaal met geringe tot ernstige beserings vervoer.
Noodhulpdienste was gisteraand en vroeg vanoggend (Saterdag, 26 November en Sondag, 27 November) hard aan die werk met verskeie motorongelukke wat plaasgevind het.
In totaal het ER24 per ambulans nege pasiënte na Potchefstroom Hospitaal met geringe tot ernstige beserings vervoer.
Mooirivier Beskerming en ER24 sowel as die plaaslike brandweer was op verskeie tonele teenwoordig.
By een toneel op die N12 in die rigting van Klerksdorp moes die brandweer vyf insittendes uit die motor uitsny. Hierdie spesifieke ongeluk het omstreeks 02:20 plaasgevind vanoggend.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



