Opname toon besigheidseienaars se frustrasie met slaggate in Rivierstraat
Ongeveer 85% van die 27 respondente noem dat hulle voertuie al skade gekry het. 95% van die respondente stel ook dat hulle besighede onder die invloed van hierdie slaggate lei.
Die yslike hoeveelheid gate in Rivierstraat is nog steeds nie behoorlik aandag aan gegee nie. Die Herald het verlede week berig dat inwoners en besigheidseienaars ongelukkig is oor hierdie slaggate wat ook ‘n veiligheidsrisiko is.
Die munisipaliteit het een van die gate met teer toegegooi verlede week Donderdag (24 November), maar intussen met reën en verkeer is die gate al weer sigbaar.

‘n Opname wat die Goetz Central Management groep uitgevoer het toon aan dat verskeie motoriste deur hierdie gate geaffekteer is en ook skade gelei het.
Ongeveer 85% van die 27 respondente noem dat hulle voertuie al skade gekry het. 95% van die respondente stel ook dat hulle besighede onder die invloed van hierdie slaggate lei.