Ventersdorp sonder krag weens herstelwerk
'n Span tegnici van Eskom gaan 'n transformator wat by die substasie beskadig is, vervang
Inwoners rondom Ventersdorp word in kennis gestel dat daar ‘n kragonderbreking vanaf 08:00-17:00 vandag (Sondag, 4 Desember) sal wees.
Die J.B. Marks munisipaliteit het bevestig dat hierdie kragonderbrekings vir inwoners in Ventersdorp, Tshing, Toevlug en Moosa Park sal affekteer.

‘n Span tegnici van Eskom gaan ‘n transformator wat by die substasie beskadig is, vervang. Hulle sal verder instandhouding doen op al die mini substasies wat foutief is by Ysselweg, Bergstraat, Graafstraat. Dit sluit kabels en alle hersluiters in wat by die plaaslyne oorbrug word.
Die Herald het verlede maand berig oor die kragkrisis in Ventersdorp en dit blyk of dit nog ‘n geruime tyd gaan neem voordat daar voldoende krag is.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/117162/ventersdorp-gaan-gebuk-onder-kragkrisis/




