Local newsNewsNews

Water weer gereed vir verbruik na herstelwerk

"Al die foutiewe eenhede is vervang, die omskakelingseenheid is geïnstalleer en is in 'n goeie werkende toestand."

Die chloorstelsel by die ou Potchefstroom watersuiweringswerke is herstel en inwoners op die Bult en Dam-area kan nou weer kraanwater drink.

Die JB Marks Munisipaliteit het dit gisteraand (Saterdag, 3 Desember) in ‘n persverklaring bevestig. Dit volg nadat die munisipaliteit presies ‘n week gelede genoem het dat die chloorstelsel foutief was en dat daar eers herstelwerk moet plaasvind, voordat inwoners die water kan drink. Daar is gevra dat inwoners eerder die water moet kook.

“Al die foutiewe eenhede is vervang, die omskakelingseenheid is geïnstalleer en is in ‘n goeie werkende toestand. Ons verklaar weereens aan inwoners rondom die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit dat ons daartoe verbind is om kwaliteit dienste te lewer wat onder andere veilige drinkbare water insluit, terwyl ons voortgaan om aan relevante wetgewing te voldoen,” het die JB Marks woordvoerder, Jeanette Tshite, beklemtoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button