Local newsNewsNews

Babakluis ‘n noodsaaklike plek van veiligheid wat hoop op lewe bring

In baie gevalle is die gemeenskap nie bewus dat daar ander veilige opsies is as om net die baba op straat te los nie.

Verlede Donderdag (1 Desember) het ‘n voorval plaasgevind waar die lyk van ‘n pasgebore babaseuntjie in ‘n swartsak gevind is.

Hierdie voorval plaas weer die fokus op alternatiewe maniere vir pasgebore babas om ‘n kans op lewe te
hê.

In baie gevalle is die gemeenskap nie bewus dat daar ander veilige opsies is nie. Vessels of Mercy, ‘n nie-winsgewende organisasie, wat fokus op die behoeftes van verlate en verwaarloosde kinders, het ‘n babakluis ingerig waar babas in gebêre kan word sodat daar na hulle omgesien kan word. Dit is ‘n praktiese manier waar babas dan gehaal word en in pleegsorg geplaas word.
Die metaal babakluis het ‘n ingeboude alarmstelsel wat vir Vessels of Mercy se personeel laat weet as daar ‘n baba in die kluis geplaas word.

Die babakluis by Vessels of
Mercy waar ‘n baba in ‘n plek van veiligheid saam pleegouers geplaas
word. Foto’s: Verskaf.

Sodra die deur van die kluis toegaan gaan die alarm af. Die baba kan dan dadelik in ‘n plek van sorg geplaas word, in plaas daarvan om op straat gelos te word.

Die babakluis is in Joubertstraat 32.

Volgens die direkteur en stigter van Vessels of Mercy, Susan Fouché, is daar nog nie genoeg bemarking en bewusmaking oor hierdie babakluis fasiliteit wat in Joubertstraat 32 is nie.

Links na regs is Neville August (huisvader) Yvonne August (
huismoeder) Susan Fouché (stigter en direkteur van Vessels
of Mercy)

“Dit is belangrik om kennis hiervan in die gemeenskap te verskerp, sodat mense weet dat daar ‘n alternatief is. Ons kom agter dat hierdie sake waar babas op straat gevind word, baie meer as voorheen gerapporteer word. Die probleem is dat die babas nie betyds in sorg geplaas word nie. Ons kry nie babas wat in die kluis geplaas word nie,” noem sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button