Local newsNewsNews

PAWS bied kompetisie aan as deel van Fun Day verrigtinge

Potchefstromers het nog kans om vir die volgende twee weke ook aan die Paws-kompetisie deel te neem en top pryse te wen.

Die Paws Fun Day op Saterdag, 3 Desember, was ‘n prettige samekoms waar alle aktiwiteite en kompetisies ten bate van Potchefstroom Animal Welfare Society was.

Canine Focus SA was ook deel van die dag se aktwiteite en het ‘n spesiale hondevertoning aangebied en het ook vir honde eienaars geleentheid gegee om hulle honde se vaardighede te toets.

Daar was verskillende kompetisies soos die sketskompetisie waar deelnemers hulle diere kon skets en pryse vir hulle kreatiwiteit gekry het.

Amelia Gouws behaal ‘n eerste plek, Gezelle Kirsten ‘n tweede en Lerina Marais neem die derde plek.

Potchefstromers het nog kans om vir die volgende twee weke ook aan die Paws-kompetisie deel te neem en top pryse te wen.

  • Inskrywings is R 20.
  • Die eerste prys is ‘n geborgde aanneming wat R2 000 werd is.

Die tweede prys is ‘n vistenk ter waarde van R1 200.

Margue Blignaut: Die wenner van die Pierre Ecohealth geskenkpak.

Deelnemers moet die volgende drie vrae beantwoord:

1. Hoeveel katte is daar in hokke by Paws?

2. Hoeveel honde is daar in hokke by Paws?

3. Hoe oud is Paws?

Inskrywings kan by PAWS ingehandig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button