PPK Huis van Genade vier 50 jaar
Hierdie kerkgebou in Rivierstraat is vir jare al 'n bekende baken in Potchefstroom.
PPK Huis van Genade in Rivierstraat vier hulle 50ste jaar in die kerkgebou met ‘n spesiale Jubileumfees.
Hierdie kerkgebou in Rivierstraat is vir jare al ‘n bekende baken in Potchefstroom.

Menige paartjies is daar getroud, kinders ingeseën mense begrawe en mense tot bekering gekom.
Op 8 November 1969 word ‘n nuwe gemeente van die Pinkster Protestante Kerk gestig. Die gemeente het sterk en vining gegroei en op 2 September 1972 is die kerkgebou aan die Here toegewy.
Dit was ‘n dag van groot vreugde en oorwinning. Later is die Pastorie en die Sondagskoolkompleks gebou.
Pastoorspare wat bedien het in die gemeente:
- 1974 – 2020 Pastoor Hennie en Pop du Preez
- 2020 – 2020 Pastoor Hansie en Maureen Gouws
- 2021 – Tans Pastoor Floors en Karen du Plessis

Die Nederlandse woord “Gemeente” beteken Stad/Dorp/ Gemeenskap. Hulle praat van die stad van Eindhoven as “De Gemeente von Eindhoven.”
Dit het die hele persepsie van die doel van ‘n gemeente verander.
Indien die gemeente nie ‘n impak in haar gemeenskap maak nie, faal die gemeente in haar rede vir haar bestaan.

PPK Huis van Genade het haar ten doel gestel om ‘n maksimale impak in ons dorp Potchefstroom en die omgewing te maak. Vir enige navrae kan Floors du Plessis by 082 940 2033 gekontak word.




