Childline hou optog om bewusmaking van geweld teen vrouens en kinders te verhoog
Die gehoor, wat kinders ingesluit het, het geleentheid gehad om Childline se tolvrye nommer 116, te leer deur ‘n lied wat maatskaplike werkers van Childline vir kinders leer om die nommer te onthou.

Childline Noordwes het Woensdag, 7 Desember in samewerking met die SAPD, Departement van Korrektiewe Dienste en Maatskaplike ontwikkeling ‘n optog gehou vanaf die Ikageng polisiestasie tot by die Ikageng-stadion om saam te staan teen geslagsgebaseerde geweld.
Hierdie optog was deel van die nasionale 16 Dae van Aktivisme (25 November – 10 Desember) vir geen geweld teen vroue en kinders-veldtog.
Elke departement het ‘n spreekbeurt by die stadion gehad ten einde die gemeenskap bewus te maak van geweld, te motiveer om standpunt daarteen in te neem en dit deur die korrekte kanale aan te meld.
Die gehoor, wat kinders ingesluit het, het geleentheid gehad om Childline se tolvrye nommer 116, te leer deur ‘n lied wat maatskaplike werkers van Childline vir kinders leer om die nommer te onthou.
Daar is wit en oranje helium ballonne losgelaat as teken van toewyding om ‘n samelewing sonder geslagsgebaseerde geweld te help skep.
Childline Noordwes bestaan sedert 2002 en beskik oor ‘n 24-uur krisislyn (116) en moedig mense aan om mishandeling van kinders deur middel van die lyn aan te meld.