Vordering met herstel van slaggate in Bailliepark
Al die slaggate in Richardsonstraat en die gedeelte naasliggend aan die kruising met Rocherstraat is ook herstel.
Die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) was die afgelope Desember net voor Kersfees hard aan die werk om ‘n groot aantal slaggate in Bailliepark te herstel.
Al die slaggate in Richardsonstraat en die gedeelte naasliggend aan die kruising met Rocherstraat is ook herstel. ‘n Groot skenking vir koue teer is danksy E.S. le Grange skool.

Volgens Altus Klingenberg van die BPGP teerprojek is daar op Saterdag 14 Januarie tussen 10:00-13:00 weer ‘n herstelsessie waar gate in Wynnestraat verder toegemaak word.
“Ons benodig vrywilligers wie bereid is om te kom help. Vele hande maak ligte werk,” meen Altus.


Die Herald het in Desember verlede maand alreeds berig dat Wynnestraat se slaggate kommerwekkend is en inwoners groot kopsere gee.
Heuwelsig het vir die doeleindes van die herstel van die slaggate in bogenoemde straat ook ‘n groot donasie gelewer.




