SportSport

Dragons se Dwaine tree uit as Protea

“Ek verlaat die Proteaspan met die wete dat ek elke keer as ek die veld betree het, alles gegee het wat ek gehad het. Van speel met gebreekte tone, vingers en geskeurde spiere, to die dra van drankies, spanbyeenkomste en ander spelers te help waar ek kon. Dit was ‘n voorreg.”

Een van Noordwes se bekendste Protea krieketspelers, Dwaine Pretorius, het vandag (Maandag, 9 Januarie) sy uittrede uit internasionale krieket amptelik aangekondig.

Pretorius was vanaf 2016 deel van die Proteas en het sedert sy T20 debuut teen Ierland in Benoni altesaam 30 internasionale T20 wedstryde, 27 eendag internasionale wedstryde en 3 toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel.

Hy was ‘n bestendige staatmaker vir Suid-Afrika met bal en kolf vir Suid-Afrika uitgeblink en sy hand vele kere opgesteek. Beserings het hom geknou, maar hy het elke keer teruggeveg en bewys da thy sy plek in die span volstaan veral in die korter weergawe van die spel.

Pretorius, tans ‘n Noordwes Dragons speler, gaan nou sy fokus op T20 krieket plaas en hierdie 33-jarige se ervaring sal vir talle spanne regoor die wêreld ‘n groot aanwins wees.

 

Dwaine Pretorius: Photo by Gareth Copley-IDI/IDI via Getty Images)

Talle Protea-ondersteners sal die oud-RHS matrikulant se vertoning teen Pakistan in 2021 onthou toe hy die rekord behaal het vir die vir die beste syfers deur ‘n Suid-Afrikaanse bouler in T20I’s met sy 5-17 teen Pakistan in Lahore.

Hy was ook deel van SA se 2021 T20 Wêreldbekerspan en het die meeste paaltjies vir sy span geneem. Hy het ook SA by die 2019 50-beurt Wêreldbeker verteenwoordig.

Pretorius noem dat sy droom nog altyd was om vir die Proteas te speel en dat hy nooit van daardie doel afgedwaal het nie.

“Ek het nie geweet hoe dit gaan gebeur nie, maar God het my talent gegee en ‘n ernstige wil om te slaag. Die res was in sy hande. Ek verskuif my fokus na T20 en ander korter formate vir die res van my loopbaan. Ek wil die beste kortformaatspeler wees wat ek kan wees. Deur dit te doen, sal ek ‘n beter balans in my loopbaan en gesinslewe kan hê,” noem hy.

Pretorius bedank ook talle spelers en afrigters wat ‘n groot invloed in sy loopbaan gehad het.

  • Enoch Nkwe (Afrigter Colts – Lions)
  • Riaan Nieuwoudt (skoolafrigter),
  • Monty Jacobs (Noordwes),
  • Gordon Parsons (Lions boulfrigter),
  • Dave Nosworthy (Lions afrigter),
  • Russell Domingo (Proteas),
  • Justin Sammons (kolfafrigter),
  • Ottis Gibson (Proteas),
  • Graig Govender (Physio Proteas en Lions),
  • Geoffrey Toyana (Lions-afrigter),
  • Jeff lanskey (Lions Fitness)
  • Mark Boucher (Protea-afrigter).

Pretorius sonder ook spelers soos Hardus Viljoen, Chris Morris, Nicky van den Bergh, Rassie van der Dussen, Steven Cook, Tabraiz Shamsi, Anrich Nortje en Neil McKenzie uit wat ‘n groot rol as spanmaats en vriende gehad het.

“Spesiale vermelding moet gaan na Andrea Agathagelou, ons het ure en ure saam geoefen het in ‘n poging om ons doelwit te bereik om vir die Proteas te speel.

Sonder twyfel sou ek nie gewees het waar ek vandag is sonder al julle hulp en ondersteuning nie. ‘n Spesiale vermelding gaan aan Faf Du Plessis, wat my teruggebring het in internasionale krieket en my ondersteun en my gehelp het om ‘n beter speler te word.”

Pretorius bedank ook sy ouers en broer wat talle opofferings gemaak het om sy krieketdrome te ondersteun.

“My vrou en seun. Jy het my al die pad ondersteun en my nooit laat sleg voel oor die feit dat ek weke en maande op ‘n slag weg is nie. Maak nie saak hoe moeilik dit was nie, jy het altyd aangehou bemoedig en my ondersteun.”

Pretorius het sy eersterangse debuut in 2011 teen KZN Binneland in Potchefstroom gemaak en ook ‘n 53 aangeteken. Hy het ook 5/38 platgetrek. ‘n Interessante brokkie inligting is dat die oud-Gimmie en Volkies Krieketafrigter, Andries Huisamen, in daardie selfde wedstryd 132 met die kolf gemoker het.

“Ek verlaat die Proteaspan met die wete dat ek elke keer as ek die veld betree het, alles gegee het wat ek in gehad het ek. Van speel met gebreekte tone, vingers en geskeurde spiere, to die dra van drankies, spanbyeenkomste en ander spelers te help waar ek kon. Dit was ‘n voorreg.”

Dankie aan al die ondersteuners vir julle ondersteuning en liefde – julle het dit ekstra spesiaal gemaak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button