Seuntjie (10) reik uit met spesiale babaprojek
Thinus het verlede jaar talle baba-items ingesamel as deel van sy babaprojek wat hy vir die nie-winsgewende organisasie, HAIDO, behartig.
Die 10-jarige Thinus van Loggerenberg, het ‘n omgeehart soos min. Wanneer meeste 10-jariges hulself met hulle eie goed besig hou is hierdie jong seun besig om sy hande uit te reik en ‘n verskil in jong babas te lewens te maak.
Thinus het verlede jaar talle baba-items ingesamel as deel van sy babaprojek wat hy vir die nie-winsgewende organisasie, HAIDO, behartig.
Dit sluit in alles van babaklere, babastoele, doeke, bottels en ander benodighede in.
HAIDO bestaan al sedert 2018 in die Potchefstroom en Parys-areas.

“Die letters verteenwoordig elk ‘n woord wat ‘n kindjie of diertjie se situasie aandui: H vir Happy, A vir Abused, I vir Infected, D vir Disabled en O vir Orphaned, noem een van die stigterslede van HAIDO, Charntelle Brandon.
Thinus se ma vertel dat hy van Haido gehoor het danksy, sy se ouma se betrokkenheid by hul Wall of Life projek.
Dit is baie lekker om te kan help en ek geniet dit baie,” vertel Thinus skamering.
Met die verloop van die onderhoud laat sak Thinus sy skouers en spring eweskielik op. Sy ma, Alichia, vertel dit is nou tyd vir hom om iets te peusel. Meeste kinders sou terugkom met ‘n lekkertjie, maar Thinus bring vir hom en spesiaal vir die Herald se verslaggewer, ‘n perske.

“Dit is hoe hy is. Hy gee werklik baie om en hou daarvan om vir ander te gee. Hy verkies ook om vrugte te eet en gesond te bly,” noem Alichia.
“Hy is al van jongs af iemand wat ander wil help. Hy maak my man, (Victor) en vir my baie trots,” se Alichia.

Balans is iets wat Thinus juis mee in die kol is. Nie net is sy akademie puik nie, maar geniet hy ook om aan tennis deel te neem, sowel as klavier te begin leer.
“Ons hoop die beurshouers hou hierdie outjie dop vir die toekoms. Sy aksies is absoluut verdienstelik. Want tussen sy akademie en sy tennis, maak hy tyd vir ander. Ons dank en beste wense vergesel hom, vandag en veraltyd,” noem Charntelle.
Volgens Charntelle is HAIDO nog in sy babaskoene as organisasie, maar het steeds die doel om uit te reik en te help waar hulle kan.
“Kos en klere vir gestremdes, skryfbehoeftes, bababystand vir babas wat opgegee word vir aanneming, finansiele steun waar moontlik, ballonboodskappies in hospitale vir siek kinders, benodighede vir troeteldiere, en dies meer. Ons hoop om die jaar n paar oulike byeenkomste aan te bied vir fondsinsamelings,” noem sy verder.
Thinus kry tans tuisonderrig.
“My gunsteling vak is kookkuns. Ek kan al ‘n Spek Carbonara (pastagereg) maak,” noem hy terwyl sy oë blink.
Al maak Thinus kos en leer allerhande vaardighede aan, is hy ook maar net soos enige ander seuntjie van sy ouderdom – gefassineer met rekenaarspeletjies.
“Kyk hier, dit is Among Us,” vertel hy terwyl hy ‘n potloodskets van een van die karakters in die speletjie wys.
Thinus sluit af met ‘n belangrike boodskap of soos hy dit noem ‘n “Challenge” vir ander om ook te gee en ‘n verskil te maak.
“Ek wil he ander mense moet ook help daar waar hulle kan. So maak dit ‘n groter verskil.”
Thinus is inderdaad ‘n kind van vele talente, talle belangstellings en tonne liefde in sy omgeehart.









