Local newsNewsNews

Agt klagtes van bedrog teen Potchefstromers

Wilhelmina (Minnie) Dawkins (64) en Kobus van Deventer (66) het verlede maand vir die eerste keer in die Pretoria streekshof op aanklagtes van bedrog verskyn.

Twee Potchefstromers, Wilhelmina Dawkins (64) en Kobus van Deventer (66), gaan op Maandag, 13 Februarie op agt aanklagtes van bedrog in die streekhof in Pretoria vir die tweede keer verskyn.

Dawkins en Van Deventer het op Donderdag, 12 Januarie vir die eerste keer in die Pretoria streekhof verskyn maar die saak is toe tot Maandag, 13 Februarie uitgestel waar die saak vir verhoordoeleindes in hof 4 in Pretoria hervat sal word.

Die Potchefstroomse prokureur, Deon van Staden, is een van klaers in hierdie saak.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kapt. Sam Tselanyane, het die beweerde bedrogvoorvalle tussen 1 Junie en 6 Julie plaasgevind.

Tselenyane noem dat Dawkins (verdagte nommer 1) na bewering op voormelde datums ‘n valse aansoek ingedien by die Meester van die Hoë hof om as eksekutrise van haar oorlede man, mnr. André Dawkins, se boedel aangestel te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button