Local newsNewsNews

Ongelukkigheid oor uitsluiting by eerstejaarsverwelkoming

Dorpskoshuise se eerstejaars moes alternatiewelik in aparte lokale na ‘n virtuele uitsending van die verwelkoming kyk, glo omdat daar nie genoeg spasie was nie.

Dorpskoshuise van die Noordwes-Universiteit kon nie op Saterdag, 11 Februarie deel vorm van die jaarlikse eerstejaars verwelkomingsfunksie op die Amfiteater van die Potchefstroomkampus nie.

Hierdie betrokke eerstejaars moes alternatiewelik in aparte lokale na ‘n virtuele uitsending van die verwelkoming kyk, glo omdat daar nie genoeg spasie was nie.

Huiskomitee-lede (HK) van die dorpskoshuise het Vrydagaand om 23:30 ’n WhatsApp-boodskap ontvang wat hul in kennis gestel het dat hulle eerder die verwelkomingsfunksie in aparte lokale sou kyk.

Dorpskoshuise op die NWU het Saterdag, 11 Februarie standpunt ingeneem oor hulle uitsluiting by die NWU se eerstejaars verwelkomingsfunksie. Foto: AfriForum Jeug.

AfriForum Jeug het ‘n persverklaring uitgereik waar hulle beweer dat studente glo ook in opstand kom oor rasse-uitsluiting.

“Die HK het navraag gedoen by die studenteraad (SR) oor hierdie besluit waarop die SR-lid geantwoord het dat die dorpskoshuise nie divers genoeg is nie en dat wanneer hulle tydens die amfiteatersessie gevra gaan word om op te staan dit te wit gaan lyk,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.

“Dit is bisar dat die Puk sommige van hul studente, wat reeds betaal het vir registrasie en oriëntasie, ontneem van hul eerste studente ervaring op kampus, omdat hulle so rasbehep is dat hulle studente op grond van hul velkleur uitsluit. Verder is rasseklassifikasie en rassediskriminasie reeds deel van die toelatingsvereistes vir die kampus se koshuise, en nou is die studente wat daar uitgesluit word en geen ander keuse het as om by ’n dorpskoshuis aan te sluit nie, ook nie op ander plekke welkom nie,” voer Van der Vyver, verder aan.

Volgens AfriForum Jeug het die betrokke dorpskoshuise, asook kampuskoshuise wat teen hierdie uitsluiting staan, Saterdag buite die amfiteater stelling ingeneem en nie na die aparte lokale gegaan nie.

Die Noordwes-Universteit het kennis geneem van die beweringe dat dorpskoshuise op grond van hul ras-samestelling uitgesluit was van die ontvangsessie in die Amfiteater op Saterdag, 11 Februarie.

“Sover vasgestel kan word, was dit egter gedoen weens die aantal studente in hierdie koshuise en is hul gevra om in ander lokale na die lewendige uitstending van hierdie geleentheid te kyk. Verdere inligting word egter ingewin om duidelikheid oor die aangeleentheid te kry,” noem NWU woordvoerder, Louis Jacobs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button