Boere leer meer oor beesbedryf
‘n Totaal van 78 boere het ‘n unieke Bees-inligtingsdag by Makojalo hierdie maand op die Paryspad (R53) bygewoon waar daar oor verskeie onderwerpe in die bedryf gesels en inligting gedeel is.
‘n Totaal van 78 boere het ‘n unieke Bees-inligtingsdag by Makojalo hierdie maand op die Paryspad (R53) bygewoon waar daar oor verskeie onderwerpe in die bedryf gesels en inligting gedeel is.
Makojalo is bekend vir hulle Angus-stoet wat in 1999 gestig is. Dit het al verskeie toekennings op plaaslike en nasionale skoue gewen het, onder andere prestasietoetse en erkennings.

“Ongeveer 15 jaar gelede het ons 10 Nguni verse gekoop en ‘n paar jaar daarna van ons eie Angus bulle begin gebruik op ons Nguni’s en het nog nie terug gekyk nie – ons noem hulle Anguni’s,” noem die algemene bestuurder Mari Roets, wat saam met haar pa Kobus Delport albei die plaas by Makojalo besit.
“Ons het ervaar dat daar ‘n behoefte is onder boere om meer kennis op te bou oor verskeie boerdery onderwerpe. Ons het ook die fasiliteite om funksies aan te bied aangesien die Makojalo Opstal Gueshouse & Venue op die plaas is,” voer Roets verder aan.


Die boere wat bygewoon het, was ‘n kombinasie van ervare, opkomende, kommersiële en stoetboere. Tussen die inligtingsessies, is daar ook aan heerlike gebraaide Angus-biefstukke gesmul, danksy South African Angus Beef.
Makojalo se eie beeste is ook uitgestal om as voorbeelde vir die kuddeseleksie-bespreking te gebruik.
Onderwerpe het ingesluit:
1. Kudde gesondheid deur Dr De Wet Barnard van MS
2. Voeding deur Jeremy Bosman van Voermol
3. BLUP syfers deur Dr Helena Theron van Stamboek en Johan Steyger van Breedplan
4. Kudde-seleksie deur Martiens le Roux
Roets bedank graag al die borge wat tot die sukses van die inligtingsdag bygedra het.




