Die afgelope naweek het Potchefstroom Gimnasium se twee krieketspanne hul goed van hul taak gekwyt teen Midstream College in die Finsbury B-liga.
Die eerstespan wen met ses paaltjies danksy Jayden da Silva (4/17) en Ruan Lotz (2/25) se boulwerk en ‘n handige 47* (74) van Righardt Joubert. Midstream word vir 122 in 40 boulbeurte uitgeboul terwyl Gimmies die teiken in 34 boulbeurte behaal.
Die Dukes (tweedespan) het met vier paaltjies gewen. Francois Blom het vier paaltjies geneem en 20 lopies afgestaan. Divan van Eldik het 27 lopies aangeteken.
Die Jongspan het met vyf paaltjies gewen. Dewald Coetzee skitter met 5/16.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



