Local newsNewsNews

Munisipaliteit gebruik nie al tesourie se fondse nie

Die J.B. Marks Munisipaliteit het 17 Februarie vanjaar ‘n brief van Nasionale Tesourie ontvang wat aandui dat hulle toelae gestop kan word omrede hulle dit nie spandeer het soos ooreengekom nie. Volgens die J.B. Marks Munisipaliteit is geld vanaf nasionale tesourie nie spandeer nie, omdat daar vertragings in die aanstelling van diensverskaffers was.

Die J.B. Marks Munisipaliteit sit in die posisie om fondse vanuit Nasionale Tesourie te moet teruggee aan die einde van die 2022/23 finansiële jaar weens onderbesteding. Dié munisipaliteit het 17 Februarie vanjaar ‘n brief van Nasionale Tesourie ontvang wat aandui dat hulle toelae gestop kan word omrede hulle dit nie spandeer het soos ooreengekom nie.

Die Munisipale Infrastruktuur Toelaag (MIG), Geïntegreerde Nasionale Elektrifiseringsprogram (INEP) en die Waterdienste-infrastruktuurtoelae (WSIG) is toelae wat se befondsing weens onderprestering gestop kan word.

“Op grond van bogenoemde stel die Nasionale Tesourie u hiermee in kennis van die voorneme om ‘n bedrag te staak van R28.9 miljoen uit jou 2022/23 MIG-toekenning van R76.2 miljoen, ‘n bedrag van R27.6 miljoen uit jou 2022/23 INEP-toekenning van R45.9 miljoen, en ‘n bedrag van R5.7 miljoen van jou 2022/23 WSIG-toewysing van onderskeidelik R35 miljoen,” lui die brief van die tesourie.

In ‘n brief wat die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Sandile Tyatya, aan Nasionale Tesourie in ontvangs gestuur het, word daar gestaaf dat die munisipaliteit bereid is om tussen R15-20 miljoen aan Nasionale Tesourie te onderwerp indien die fondse nie gebruik word nie. Daar word wel gestel dat die munisipaliteit beoog om al die fondse wat geallokeer is te gebruik.

Volgens DA raadslid, Hans-Jurie Moolman, is dit verstommend dat die munisipaliteit nie geld wat vryelik verskaf word vir belangrike doeleindes soos dienslewering, gebruik kan word nie.

“Geld word aan munisipaliteite toegeken op bepaalde meriete volgens grootte en prestasie. Daardie geld moet spandeer word. Daar word dan ook verslag gedoen aan Nasionale Tesourie dat die geld binne ‘n betrokke finansiële jaar spandeer moet word,” noem Moolman.

  • Die hoofbron van die stadsraad se inkomste is dienste en belasting.
  • By Nasionale Tesourie kry munisipaliteite verskeie toelae.
  • Nasionale Tesourie moniteer die munisipaliteit om vas te stel of die fondse wel spandeer word.
  • As die fondse nie spandeer word nie moet dit dan teruggegee word.

Volgens Moolman is daar twee redes hoekom geld in die toegif nie spandeer word nie.

“Daar is eerstens kapasiteitsprobleme. Om geld te bestee beteken dat jy tenders moet uitsit, kontrakte moet sluit, dit bestuur en seker maak dit wat jy betaal waarde terugbring vir die gemeenskap. “Die onvermoë om dit te bestuur is een van die redes.

Die ander rede is konflikterende belange tussen politieke faksies in die ANC. “Daar word gestry oor wie die tenders moet kry en tussen die hand en die mond val die pap op die grond. “Ons het genoeg behoeftes sodat ons as munisipaliteit die geld moet spandeer,” noem Moolman.

Die J.B. Marks Munisipaliteit het by navraag genoem dat die brief van tesourie slegs as voorneme uitgelig het om fondse te weerhou en dat dit nie ‘n definitiewe stop van fondse is nie. Die hoofrede dat tesourie se fondse nie bestee was nie, was glo vertragings rakende die aanstelling van diensverskaffers.

“Lae uitgawes in verband met die toegekende befondsing is te wyte aan die vertraging in die aanstelling van die diensverskaffers. Hierdie saak is egter aangespreek noudat diensverskaffers aangestel is,” noem munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite.

Die munisipaliteit voer ook verder aan dat hul steeds beoog om die befondsing uit te put deur hulself te verbind tot gespesifiseerde projekte wat nasionale tesourie erken.

“As deel van die reaksie op die aangeleentheid het die JB Marks Munisipaliteit bevestig dat talle aanstellings laat November 2022 gemaak is, maar weens die sluiting oor die vakansieseisoen het werk aan die projekte eers middel Januarie 2023 begin en vordering sal in die volgende verslagtydperk weerspieël word,” vertel Tshite verder.

Volgens Tshite word die paar uitstaande aanstellings tans verwerk en sal middel Maart 2023 voltooi wees.

“Die munisipaliteit het ‘n reaksie aan die Nasionale Tesourie gegee met ‘n verbintenis om die fondse te bestee voor die einde van die finansiële jaar, 30 Junie 2023. Ons wag steeds op die reaksie van die Nasionale Tesourie oor die pad vorentoe, maar ons bly optimisties dat ons saak sal gunstig hanteer word.”

Moolman voer verder aan dat verantwoordbaarheid veral munisipaliteite kelder.

“Ons grootste probleem in Suid-Afrika is verantwoordbaarheid. Dit was ons beleef as swak dienslewering is die simptome van ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid. “Ons sit met ‘n enorme diensleweringsprobleem. Jy sê vir die publiek dat jy nie geld wat vir jou gegee is kan spandeer nie. Inwoners betaal ook nie vir dienste nie, omdat hulle nie dienste kry nie. Dit is ‘n bose kringloop.

“As jy nie spandeer in die staatsdiens nie, dan word die toegif kleiner vir die volgende finansiële jaar. Dit het ernstige gevolge vir die toestaan vir die toegif vir die volgende jaar,” voer Moolman verder aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button