Die visse van Potchefstroom Swemklub is gereed vir nog groter kompetisie as die NW kampioenskappe wat die klub in Desember verlede jaar gewen het. Die swemmers gaan in die volgende paar weke by verskeie plekke reg oor die land deelneem.

Agter van links: Marike van Oort (afrigter), Christa de Beer, Annika Potgieter, Krynauw Brits en Ig Alberts (NTT Nissan). Voor van links: Deoné Borstlap, Jua Jonker en Lianne Labuschagne.
Afwesig met die neem van foto: Luané Scheepers.
Die eerste kampioenskappe wat plaasvind is SA Vlak 2 Streekkampioenskappe. Sewe swemmers het gekwalifiseer en gaan deelneem aan SA Vlak 2 wat van 3 – 5 Maart in Bloemfontein plaasvind. Potch Swemklub bedank graag vir NTT Nissan Potchefstroom wat as borg optree vir hierdie groep en verseker het dat die swemmers soos kampioene vertoon.
‘n Spesiale woord van dank aan Kobus Vorster (handelaarshoof), Kabous Swart (takbestuurder) en Ig Alberts (hoofverkoopskonsultant van NTT Nissan, Potchefstroom).
In SA Vlak 3 kwalifiseerders is daar dertien swemmers wat in Delville, Johannesburg gaan deelneem vanaf 31 Maart – 3 April. Dit is voorwaar ‘n puik prestasie.
Dapper varsprodukteverskaffer borg die groep dapper swemmers. Spesiale dank aan Lawrence Schimper en Albert Lumley (direkteure).

Agter van links: Koos Harding (Dapper), Madelé Harding, Jace Gomes, Amori Potgieter, Tiago Gomes en Marike van Oort (afrigter).
Voor van links: René Kotze, Kiana Borstlap, Irma Kotze en Christiaan Nel.
Afwesig met die neem van foto: Anika Rossouw, Linique Rowles, Inneke Liebenberg, Mathilda Liebenberg en Xandri Palmer.
Potch Swemklub se kampioen swemmers wat aan die SA Junior Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem is Janco Bartleman, Wian Bartleman, Pieter- Jacq du Toit, Egbert Palmer en Wilbert Vorster. Dit vind in Durban plaas vanaf 21 – 25 Maart.
Die swemmers wat gekwalifiseer het vir SA Senior Nasionale Kampioenskappe wat in Gqeberha deelneem van 12 – 16 April is Ewald Bartleman, Alexia Delicado en Chazél Orton. Dankie Nu3enta, Charles Orton (direkteur) vir jul borg van die groep wat nasionaal gaan deelneem.

Agter van links: Marike van Oort (afrigter), Ewald Bartleman, Pieter-Jacq du Toit, Wilbert Vorster en Chazél Orton. Voor van links: Wian Bartleman en Janco Bartleman.
Afwesig met die neem van foto: Alexia Delicado, Egbert Palmer en Charles Orton (Nu3enta).
Afrigter Marike van Oort wens elke swemmer sterkte toe met hul persoonlike doelwitte. As jy dit kan droom, kan jy dit bereik.
Kontak gerus vir Marelize van der Merwe (klubsekretaresse) vir enige swem navrae by 082 898 2994.




