Local newsNewsNews

Gewapende rowers oorval huishulp in Boetie Janstraat

Ses verdagtes is met sewe selfone en ander waardevolle items weg, na ‘n huisroof in Boetie Janstraat in die Heilige Akker op Dinsdagoggend, 28 Februarie.

Ses verdagtes is met sewe selfone en ander waardevolle items weg, na ‘n huisroof in Boetie Janstraat in die Heilige Akker op Dinsdagoggend, 28 Februarie.
Die voorval het omstreeks 11:35 gebeur toe die verdagtes toegang tot die perseel verkry het.

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die rowers die huishulp oorval en haar vasgebind.

“Die verdagtes het daarna die huis geplunder en sewe selfone en ander items gesteel. Die CCTV kamera wat op die perseel was, is ook gesteel. Daar was geen ander mense op die perseel nie en die huishulp het verder geen beserings opgedoen nie,” noem Myburgh.

Die eienaar van die huis besit ‘n selfoonwinkel.

Roland Bekker van Mooirivier Beskerming noem dat die voertuig waarmee die verdagtes die perseel betree het, ook op CCTV-kameras vasgevang is. Die voertuig se registrasie is aan die polisie oorhandig.
Die verdagtes is steeds op soek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button