Local newsNewsNews

Polisie soek bestuurder wat seun (5) op fiets raakry

Die seun het ernstige kopbeserings opgedoen en is na 'n plaaslike hospitaal geneem waar hy in 'n kritieke toestand is.

Die polisie is op soek na die bestuurders van ‘n silwer Mercedes-sedan en ‘n bakkie na ‘n vyfjarige seun op Saterdag, 18 Februarie, van sy fiets afgestamp is.

Die seun het ernstige kopbeserings opgedoen en is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar hy in ‘n kritieke toestand is.

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die ongeluk omstreeks 22:50 net buite Potchefstroom op die Mooibankpad gebeur.

“’n Pa en sy vriend het twee fietse gestoot, terwyl ‘n vyfjarige seun op die raam van een van die fietse gesit het. Na bewering het ‘n silwer Mercedes-sedan van agter af gekom en die fiets gestamp waarop die kind was,” verduidelik Myburgh

Die bestuurder van die Mercedes Benz het nie ná die botsing stilgehou nie en weggery met ‘n bakkie wat reg agter hom gery het.

Myburgh bevestig dat ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek word.

Die polisie versoek enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help om die ondersoekbeampte, ao Koos van der Merwe by Sel: 079 731 0843 of die plaaslike polisiestasie te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button