Studente, NWU alumni, BBP’s en rugbyondersteuners het die Fanie du Toit Sportgronde vanaand (Maandag, 6 Maart) volgepak vir die NWU se Varsitybeker kragmeting met Maties wat vanaand om 19:00 afgeskop het.
Plakkate, baniere en vlaggies was oral te sien met die skare wat nie kon wag vir die wedstryd om te begin nie.
Die NWU se visie-kansellier, Dr. Bismark Tyobeka, het per ‘n helikopter saam met die NWU se gelukbringer, Eagi, op die veld land. Daar was ‘n luide applous met die afwagting vir die wedstryd wat kookpunt bereik het.
Dit was omtrent oorverdowend toe die NWU Arende die veld betree en daar was ‘n groot gedreun toe hulle eerste punte op die telbord sit.
Die klank het ook stelselmatig harder geraak met die NWU wat teen halftyd met 19-9 teen Maties voor loop.
Kyk die foto’s hier:
































