Local newsNewsNews

Moedelose Potchefstromers verhelder slaggate met padverf

‘n Groep Potchefstromers tussen 60 en 72 jaar oud het met geel padverf op Maandagaand, 6 Maart die verskeie slaggate in MC Roode-laan gemerk.

Daar is die afgelope twee weke op sosiale media ‘n beweging begin waar lede van die publiek slaggate met spuitverf merk om die betrokke plaaslike munisipaliteit se aandag daarop te vestig.

In sekere gevalle is hierdie slaggate waar daar die woorde “ANC” geverf is glo in dieselfde week herstel.

‘n Groep Potchefstromers tussen 60 en 72 jaar oud het nou dieselfde tendens gevolg en met geel padverf op Maandagaand, 6 Maart die verskeie slaggate in MC Roode-laan gemerk.

Elke slagat is met geel verf omsirkel met “ANC” wat langs die gat geverf is.

MC Roode-laan is ‘n besige pad met talle motoriste en vragmotors wat hierdie pad gebruik. Vir die afgelope drie maande was daar talle slaggate wat opduik. Sommige van hulle is herstel, maar na swaar reënval het dit weer vergroot.

*Die Herald het die J.B. Marks Munisipaliteit vir navrae genader rakende die slaggate en wanneer dit herstel sal word, maar nog geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button