Local newsNewsNews

Inwoners verf nog slaggate geel in verskeie strate

Die JB Marks munisipaliteit het op navraag gereageer dat noem dat hulle nie bewus was dat slaggate met geel padverf geverf is nie.

‘n Groep Potchefstromers tussen 60 en 72 jaar oud wat verlede week talle slaggate in MC Roode-laan met padverf gemerk het, het die afgelope week nog slaggate in ander strate in Potchefstroom ook gemerk.

Die groep wat uit, Wilna Botha, Piet Richter, Natalie van der Merwe en Marlene Eksteen bestaan, het ook al slaggate in OR Tambo-straat sowel as Holtzhausenstraat met padverf gemerk.

Hierdie groot slaggat in Holtzhausenstraat is ook met verf omkring.

Elke slagat is met geel verf omsirkel met “ANC” wat langs die gat geverf is.

Wilna Botha besig om die slaggate in MC Roode rylaan met geel padverf te omkring. Foto: Marlene Eksteen.

Die J.B. Marks munisipaliteit het by navraag gesê dat hulle nie bewus was van die tendens nie.
“Die munisipaliteit is nie bewus van inwoners wat sulke onstellende aktiwiteite aanpak nie. Dit sal meer gepas wees as die munisipaliteit ingelig word oor beskadigde infrastruktuur. The slaggat herstelprogram is amper klaar en sal toegepas word na die aanpassingsbegroting verlede week, goedgekeur was,” noem munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button