Local newsNewsNews

Aardklop gereed om groot te gaan in Potch vanjaar

Aardklop sal vanaf 3-8 Oktober vanjaar weer vir Potchefstroom rooi verf met ‘n volledige terugkeer na sy wortels. Die Feesterrein sal ook weer op die Fanie du Toit Sportgronde wees.

Aardklop sal vanaf 3-8 Oktober vanjaar weer vir Potchefstroom rooi verf met ‘n volledige terugkeer na sy wortels. Die Feesterrein sal ook weer op die Fanie du Toit Sportgronde wees.

Hierdie aankondiging is op Dinsdag, 14 Maart by The Roots Lifestyle Centre, gemaak waar belanghebbendes vrae kon vra oor vanjaar se fees.

Alexa Strachan, feesbestuurder, het in ‘n persverklaring genoem dat dit haar herinner aan 2016 se herlewing van hierdie fees. Sy beklemtoon ook dat die ondersteuning van die NWU Potchefstroomkampus van onskatbare waarde is, en alle plaaslike sakelui, gastehuise en inwoners genooi om die die fees se sukses te help verseker. Aardklop bied juis ‘n hupstoot vir plaaslike ekonomie.

“90% van alle onkostes rakende die feesterrein, word plaaslik aangegaan. Besighede baat dus baie by die fees,” noem Strachan.

Fränzo Friedrich, Momentum Beleggings se Hoof van Bemarking se boodskap oor die voortbou op 2022 se suksesse was geesdriftig. Hy het Aardklop as ‘n nasionale kuns- en kultuurbate beskryf, en met trots Momentum Beleggings se voortgesette verbintenis met die fees beklemtoon.

Alexa Strachan spreek die gehoor aan. Foto: Aardklop/Facebook.
Aardklop is weer terug in Potchefstroom vanaf 3-8 Oktober vanjaar. Hierdie aankondiging is op Dinsdag, 14 Maart by The Roots Lifestyle Centre gemaak. Foto: Aardklop/Facebook.

“Ons sien uit daarna om nuwe bande in Potchefstroom te smee, en om die interessante en opwindende pad met die bestuur van Aardklop te stap,” noem Friedrich.

Jonathan Baron van BKD Ouditeure het ook genoem da thy opgewonde oor Aardklop se volledige terugkeer na Potch is:

“Ons as Potchefstroom Sakekamer en sakelui is ongelooflik trots op wat julle tydens en na die pandemie gedoen het om te verseker dat Aardklop steeds hier is, en terug is in Potch.”

Hy het die geloof uitgespreek dat 2023 se fees ‘n reuse sukses gaan wees, met Gautengers wat oudergewoonte op die dorp sal toesak. Hy het ook benadruk dat die plaaslike gemeenskap alles moontlik sal doen om die fees te ondersteun.

Aardklop se program sal op 13 Junie in Potch bekend gemaak word.

Potchefstromers kan kaartjies bespreek vanaf 16 Junie. Nasionale kaartjieverkope sal op 19 Junie open.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button