Local newsNewsNews

Toestand van begraafplaas ‘n massiewe bekommernis

Die toestand van die grafte is iets wat inwoners hartseer en kwaad maak, aangesien hulle voel dat hulle geliefdes deur die gebrek aan instandhouding nie gerespekteer word nie.

Lang gras, bossies, rommel, vandalisering en diefstal by die hoofbegraafplaas in Readstraat veroorsaak tans ‘n groot kopseer.

Die toestand van die grafte is iets wat inwoners hartseer en kwaad maak, aangesien hulle voel dat hulle geliefdes deur die gebrek aan instandhouding nie gerespekteer word nie.

Hulle kan sodoende nie die begraafplaas besoek sonder om deur lang gras te moet loop of op die
uitkyk vir kriminele elemente te wees nie.

“Dit raak ‘n groot probleem, ons probeer om die grafte van ons familielede skoon te hou.

Ons het geen veiligheid nie en dit lyk baie sleg,” noem Mickey
Bennett.

Foto’s: Verskaf

Sy en ‘n groep vrouens, Dienie Senekal en Anna Rasego en Adélle Jerling probeer om die begraafplaas skoon te hou, maar word keer op keer met swak instandhouding gekonfronteer.

Dienie Senekal, Mickey Bennett en Anna Rasego voor begraafplaas wat oorgroei is. Foto: Verskaf

Volgens Bennett is een deel van die mure ook uitgebreek wat vir vandaliste vrye toegang verleen.

“Ek het gevorderde lupus en allergieë so ek kan nie lank in die son bly nie. As ek na 17:00 wil gaan, dan is die hekke reeds gesluit. Ek moet dan R50 betaal vir 10 minute by my kind se graf.”

Die J.B. Marks munisipaliteit het by navraag genoem dat die begraafplaas in so ‘n toestand is, aangesien daar die afgelope twee maande stortreën was.

“Alle begraafplase in Ventersdorp en die Tlokwe-streek is deel van die skoonmaak-inisiatief.
Om te verseker dat begraafplase skoongemaak word en aan toepaslike standaarde voldoen, sal die skoonmaakprojek van die plaaslike klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO’s) gebruik maak,” noem munisipale
woordvoerder, Jeanette Tshite.

Daar word beoog dat die skoonmaak van die begraafplase Woensdag, 15 Maart sou begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button