Local newsNewsNews
Drie beseer na botsing op die N12
Daar was oor die paasnaweek twee ongelukke op die N12 net buite Potch in die rigting van Klerksdorp.
Drie mense is beseer nadat daar gistermiddag (Saterdag, 8 April) ‘n botsing tussen twee voertuie op die N12, ongeveer 5 km vanaf Potchefstroom in die rigting van Klerksdorp, plaasgevind het.
Die ongeluk het omstreeks 13:40 gebeur.
ER24 nooddienste het die drie pasiënte na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.
Op dieselfde pad, ongeveer 3km vanaf Potchefstroom, het daar op Vrydag, 7 April ook ‘n ongeluk plaasgevind om 20:20 in die aand. ‘n Voertuig het gerol en die twee insittendes is per EMRS-ambulans met geringe beserings na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.
Mooirivier First Responder was ook op altwee tonele teenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



