Local newsNewsNews

Werkswinkel plaas fokus op remediërende onderwys

Die Vereniging vir Welstand in Skole in samewerking met Mind the Gap Remediërende Sentrum bied ‘n werkswinkel aan op Saterdag, 22 April by Laerskool M.L. Fick.

Die Vereniging vir Welstand in Skole in samewerking met Mind the Gap
Remediërende Sentrum bied ‘n werkswinkel aan op Saterdag, 22 April by Laerskool M.L. Fick.

Die werkswinkel sal vanaf 08:30 – 11:50 duur.

Ria Renke en Keshni Mathi sal as aanbieders optree. Renke, ‘n remediërende onderwyseres en terapeut se aanbieding is getiteld “Die waarheid oor leesprobleme”. Mathi se aanbieding sal handel oor spesifieke vaardighede wat onderwysers kan aanleer rakende AGHS/ADHD.

Die Fast Heroes program gaan ook deur Renathe van der Merwe bekendgestel word. Hierdie program fokus op om kinders tussen 5 en 9 jaar word vir 5 weke slegs een uur per week bewus gemaak van die tekens, simptome en
optrede as iemand ‘n beroerte kry.

Vir meer inligting oor hierdie werkswinkel kan Ona Janse van Rensburg by onajvr@gmail.com gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button