PAWS-katte glimlag weer na VLU-skenking
PAWS het 240 katte wat daagliks kos benodig.
Die katte by PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) kan weer glimlag na ‘n katkos-skenking van die Vroue Landbou Unie se Bailliepark-tak.
PAWS het 240 katte wat daagliks kos nodig het, dus is hul hoogs-afhanklik van skenkings van die publiek.
Driena Fourie, die Bailliepark-VLU skakelbeampte, doen ‘n beroep op die publiek om meer aandag aan PAWS se diere te gee.


“Dis hartseer om deur die hokke te loop en sien hoeveel diere by PAWS is,” sê Fourie, “PAWS het ons hulp so bitter nodig.”
Theo Koekemoer, bestuurder van PAWS, sê noudat winter weer in aantog is, het die diere by PAWS komberse nodig. Verder verwelkom PAWS altyd hondekos- en katkos-skenkings. Skoonmaakmiddels is baie belangrik terwyl plesiters in 100mm en 75mm afmetings ook broodnodig tans is.
Die Bailliepark VLU nooi Potchefstromers om aan te sluit by hul PAWS-uitreikprojek vanjaar. Kontak vir Driena Fourie by 082 924 3577, of die Bailliepark VLU-Voorsitster Elize Schutte by 082 921 0334.





