Jong Baillie kry rol in kortfilm
Hierdie jong toneelspeler het saam met die bekende Suid-Afrikaanse aktrise, Angelique Gerber, aan hierdie kortfim geskiet.

Selmay Taylor, ‘n Graad-4 leerder in Laerskool Baillie Park het vanjaar ‘n rol in ‘n kortfilm gekry wat binnekort op Via Speeltoneel uitgesaai sal word.
Hierdie jong toneelspeler het saam met die bekende Suid-Afrikaanse aktrise, Angelique Gerber, aan hierdie kortfim geskiet.
Speeltoneel is ‘n geleentheid-gedrewe projek wat vir jong en ouer opkomende toneelspelers, dansers en sangers, vanaf 6 jarige ouderdom, die geleentheid bied om op nasionale televisie in ‘n kortfilm te speel, sing en dans.

Selmay het verlede jaar vir ‘n oudisie vir Speeltoneel gegaan en na die finale rondte deurgedring.
Sy het vir vier maande aanlyn dramaklasse ontvang onder leiding van die gesoute akteurs, Vilje Maritz, Desire Gardner en Izak Davel. Hulle het het elke maand ‘n werkswinkel vir haar aangebied en sodoende kon sy aan haar talent skaaf.





