Local newsNewsNews

Riool dam in speelparkie op

Met die Herald se besoek Maandag, 29 Mei aan die parkie, was ‘n groot deel daarvan vol riool. Die stink reuk het ook baie sterk in die lug gehang.

Die speelparkie op die hoek van O.R Tambo-rylaan en Van der Bentstraat is tydelik toegemaak weens rou riool wat reeds vir die afgelope maand in dié parkie insypel.
Inwoners en besigheidseienaars in die area, wat Van der Bentstraat insluit, is al moedeloos met die riool wat ‘n groot stank los.

Christie Lauwrens, een van die mede-eienaars van Eb’s Hardeware, noem dat hy hierdie speelparkie moes sluit aangesien dit nie veilig is nie.

“Die munisipaliteit het verlede week gaan kyk na die probleem, maar dit
is nog nie opgelos nie. Ons sukkel nou al ten minste ‘n maand hiermee,” verduidelik hy.

Dima Visser, ‘n inwoner in Van der Bentstraat, vertel dat riool by sy kompleks ook uitspruit. Dit is wel nie so erg soos by die parkie nie. Wat hy interessant vind, is dat sekere dele van die straat minder
rioollekke kry as ander.

“Ons vermoed dat daar klippe in die stelsel gegooi is wat die rioolsisteem affekteer. Ek weet nie hoe mense wat teen die parkie woon, die reuk kan hanteer nie,” vertel Visser.

Dima Visser staan buite die speelparkie waar saar ‘n konstante aaklige reuk in die lug hang.

Met die Herald se besoek Maandag, 29 Mei aan die parkie, was ‘n groot deel daarvan vol riool.
Die stink reuk het ook baie sterk in die lug gehang.
*Die Herald het navrae aan die J.B. Marks munisipaliteit hieroor gestuur, maar teen druktyd is geen
terugvoer nog ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button