Local newsNewsNews

Legendariese Potchefstroomse geneesheer oorlede

Een van Potchefstroom se bekendste geneeshere, dr. Leslie Skead, is op Woensdag, 31 Mei op die ouderdom van 92 oorlede. 

Een van Potchefstroom se bekendste geneeshere, dr. Leslie Skead, is op Woensdag, 31 Mei op die ouderdom van 92 oorlede.

Dr. Skead was al sedert 1999 afgetree, maar sy nalentenskap in Potchefstroom is een wat vir generasies nog sal voortleef.

Dr. Leslie Skead en sy vrou Neelsie

Talle Potchefstromers onthou nog vir dr. Skead wat in sy tyd as praktisyn talle huisbesoeke meegemaak het, en oor die 3 000 babas gevang het, onder vele ander fasette van sy beroep waar hy ‘n daadwerklike verskil in mense se lewens gemaak het.

Dr Skead se spreekkamers wat in James Morokalaan (ou Lombardstraat) by ‘n daghospitaal waar hy vanaf 1961 tot 1997 gepraktiseer het. Vanaf 1997-1999 het hy by MediCross aangesluit.

Skead was met die liefde van sy lewe, Neelsie van Schalkwyk tot en met sy afsterwe getroud. Hulle was vir 67 jaar getroud.

Dié foto van dr Leslie Skead en tannie Gertruida Kotze het saam met die artikel oor hom in die Potchefstroom Herald van 30 Julie 1999 verskyn, die jaar waarin hy afgetree het.

Hy was ook ‘n handige man en ‘n groot passie vir ou motorkarre, veral Ford’s, gehad.

“Ek het net van kleins af ’n liefde gehad om te weet hoe werk ’n ding. As ons ou Ford-bakkie gaan staan het my pa my kom haal en my met my gereedskapkis en al by die bakkie gaan aflaai en ek het dit reggemaak,” het hy in ‘n onderhoud met Lennie Gouws in 2022, vertel.

Dr. Leslie Skead is op die ouderdom van 92 oorlede. Hy was ‘n bekende geneesheer in Potchefstroom en ook ‘n liefhebber van Ford-motors. Hier is hy by sy Ford Model A van 1930. Foto: Lennie Gouws.

Hy laat sy vrou, Neelsie, en twee kinders, Lennard en Melanie, agter.

Lees meer hier oor Dr. Skead se lewe in ‘n onderhoud wat Lennie Gouws met hom in 2022 gevoer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button