SportSport

Tokkies se eerste netbalspan verslaan vir Baillie Park

Hierdie Tokkie-dogters stel nooit teleur en bewys dit keer op keer deur hul veggees van die eerste fluitjie tot die eindfluitjie die ander span te laat les opsê. 

Twee van Potchefstroom se top laerskole op die sportveld, Laerskool Mooirivier en Laerskool Baillie Park, het die afgelope week in titaniese tweestryde sake uitgespook.

Mooirivier se eerste netbalspan (o.13A) behaal met puik vertoning in kompeterende wedstryd teen Baillies.

Tokkies se eerste netbalspan klop vir Baillies met 19-11 in die laaste wedstryd wat hierdie dogters op hulle tuisbaan meeding. Hierdie dogters van Mooirivier speel al sedert o.9-vlak saam en het in die afgelope vyf jaar ‘n hegte band gevorm.

Hierdie Tokkie-dogters stel nooit teleur en bewys dit keer op keer deur hul veggees van die eerste fluitjie tot die eindfluitjie die ander span te laat les opsê.

Die o.13A span sowel as die o.11A en o.12A spanne sal op 10 Junie in die Noordwes-eindstryde in Potchefstroom deelneem.

Baillies se o.12A en o.9A spanne behaal ook goeie oorwinning teen Tokkies.

Uitslae teen Baillie Park:

o.13A wen 19-11

o.13B verloor 8-18

o.13C verloor 10-13

o.12A verloor 20-22

o.12B verloor 13-20

o.12C wen 7-5

o.11A wen 15-12

o.11B wen 16-12

o.11C verloor 2-4

o.10A wen 13-9

o.10B verloor 4-13

o.10C verloor 5-11

o.9A verloor 5-10

o.9B verloor 2-6

o.9C wen 16-1

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button