Local newsNewsNews

Jongspan gaan hulself gate uit geniet by Aardklop

Maak gereed vir vermaak uit die boonste rakke met Tippie, Babalela, Felias en Pokkel, sowel as Fliep-flappers. 

Hierdie jaar gaan Aardklop ‘n groot verskeidenheid kinderproduksies aanbied wat talle glimlagte op die jongste se gesigte gaan bring.

Maak gereed vir vermaak uit die boonste rakke met Tippie, Babalela, Felias en Pokkel, sowel as Fliep-flappers. 

Kaartjieverkope vir alle produksies is reeds oop.

Besoek Aardklop se webblad by by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za

Lees meer hier wat om van hierdie kinderproduksies te verwag:

Tippie (Debuut)

Suid-Afrika se gunsteling-olifantjie kom kuier uiteindelik op die verhoog by Aardklop! Tippie gaan sorg vir hope vermaak wat die kindermaatjies se tone sommer sal laat krul van die lekkerkry. Saam leer ons meer oor emosies en omgee vir ons maats. Tippie bied vir ons ’n prag-reeks boeke, waar ons natuurlik ook speel-speel leer lees. Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser ook aan klanke en wiskunde bekend. Elke boek bevat ’n kort, prettige storie wat help om kinders se leesvaardighede te ontwikkel, asook aktiwiteite wat die ouer, terapeut en onderwyser in staat stel om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê!

Tippie

Kom kuier saam, Tippie kan nie wag om julle almal daar te sien nie.

Met: EnterActive Productions

Teks: Jose Palmer, Reinette Lombard

Verwerking/vertaling van teks:  EnterActive Productions

Regie en ontwerp: Dulinda Pieters

Vervaardiger: EnterActive Productions

Genre: Kinderteater

Taal: Afrikaans

Tydsduur: 45 min.

Gradering: Gesin

Venue: Girls High

Datum en tyd: 3 Okt. 11:30, 4 Okt. 13:00, 6 Okt. 11:00

Kaartjies: R100

***

Felias en Pokkel

Felias en Pokkel is Jakkie Louw se splinternuwe poppekaskonsert. Dit is eintlik ’n “one man and eight puppets”-konsert. Die storie handel oor twee veldmuise in boer Jakkie se huis. Jakkie het die storie uitgedink en al die musiek geskryf, met liedjies soos “Die dae van die week” en “Moenie bang vir die kat wees nie”. Jakkie doen die twee muise se stemme self.

Felias en Pokkel

Hy het egter van sy bekende vriende gekry om die ander karakters te doen. Stemme deur Lizz Meiring (Patat die Kat, Skaai die Kraai, Tienie die TV-vlieg), Hannes Brümmer (Vrottie Kokkerottie, Chris die Verkleurmannetjie en Laventel die Plaashaan) en Richard van der Westhuizen (Eeeejonkie Donkie en Die Tandemuis). ’n Snaakse, oorspronklike produksie wat gaan sorg vir baie komedie en opwinding en dit is vir seker lekker vir die ouers ook. Jaco Jacobs het die drie boeke geskryf wat te koop sal wees ná die konsert.

Met: Jakkie Louw en die opgeneemde stemme van Lizz Meiring, Hannes Brümmer en Richard van der Westhuizen

Oorspronklike storie en musiek, regie en musiekregie: Jakkie Louw

Teks: Jakkie Louw

Genre: Kinderteater

Taal: Afrikaans

Tydsduur: 45 min.

Gradering: Gesin

Venue: Girls High

Datum en tyd: 4 Okt 9:00, 5 Okt 11:00, 6 Okt 13:00

Kaartjies: R100

***

Babalela

Die eerste gedagte wat by ’n mens opkom wanneer jy Babalela vir die eerste keer ontmoet, is pure pret en hope plesier.

Babalela gaan ook opgevoer word tydens Aardklop.

In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ’n dag ’n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ’n reuse-stootskraper. Soos ’n kwaai bul loop die stootskraper ’n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats nie vinnig ’n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie!

Met: EnterActive Productions

Teks: Martie Preller

Verwerking: EnterActive Productions

Komponis/Oorspronklike musiek: Sean Butler, Dulinda Pieters

Regie en ontwerp: Dulinda Pieters

Musiekregie en musiekverwerking: Sean Butler, Dulinda Pieters

Vervaardiger: EnterActive Productions

Genre: Kinderteater

Taal: Afrikaans

Gradering: Gesin

Tydsduur: 45 min.

Venue: Girls High

Datum en tyd: 4 Okt. 11:00, 5 Okt. 09:00

Kaartjies: R100

***

Fliep-flappers

’n Opvoedkundige en vermaaklike kindertoneelstuk uit die debuutkinderboek Storiekasteel van Liena van der Merwe, gepubliseer deur Naledi Uitgewers. Fliep-flappers is haar  sewende kindertoneelproduksie en sy het al meer as 25 kunstefeesproduksies oor die jare aangebied. Dié jongste produksie is ook die inspirasie  vir ’n reeks nuwe kinderdramas, waarvan Fliep-flappers die eerste is. Dit is onlangs met groot sukses by die KKNK opgevoer. Dis ’n pragtige verhaal wat maatjies inspireer met temas van ’n gesonde leefstyl, vergifnis en hoe om boeliegedrag te hanteer. Daar is musiek, dans en interaktiewe spel wat die kinders betower en ook ’n liefde vir teater leer.

Met: Liena van der Merwe, Robyn Frost, W.G. Venter, W.J. van der Merwe

Teks en regie: Liena van der Merwe

Vervaardiger: Purple Cat Dramaproduksies, Liena van der Merwe

Genre: Kinderteater

Taal: Afrikaans

Gradering: Gesin

Tydsduur: 40 min.

Venue: Girls High

Datum en tyd: 3 Okt 13:00; 5 Okt 13:00; 6 Okt 9:00

Kaartjies: R80

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button