Local newsNewsNews

Dogtertjie (2) kritiek na sy amper in swembad verdrink

'n Tweejarige dogtertjie is in 'n kritieke toestand nadat sy die afgelope Vrydagmiddag (7 Julie) in 'n swembad geval het.

‘n Tweejarige dogtertjie is in ‘n kritieke toestand nadat sy Vrydagmiddag (7 Julie) in ‘n swembad geval het. Die voorval het glo in Rocherstraat in Bailliepark gebeur.

Volgens beskikbare inligting het nooddienste Vrydagmiddag omtrent 17:17 ‘n oproep ontvang. ER24 en Mooirivier Beskerming First Responder was op die toneel en het die dogtertjie resussiteer en ‘n pols teruggekry.

Sy is per ambulans na Potchefstroom MediClinic toe waarna sy na Sunninghill in Johannesburg oorgeplaas is.

By navraag het die familie verkies om nie met die Herald oor die voorval te praat nie omrede hulle hul privaatheid wil behou.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button