Volkies se o.15A krieketspan het tydens die Uplands Festival in Witrivier vanaf 3-6 Julie bewys dat hulle weer gerekende teenstaanders vir enige span vanjaar gaan wees.
Volkies klop Trinity House in tydkrieket, en verower Hoërskool Centurion met 5 lopies in ‘n spannende 50-beurt wedstryd. Hul klop ook Menlopark se o.14A span met ‘n T20 wedstryd met 33 lopies, maar val vas teen ‘n sterk Waterkloof o.14A span met 118 lopies.

Algeheel kan Volkies trots wees op ‘n suksesvolle toer waar Olefa Padi veral met 11 paaltjies en beste boulsyfers van 8/25 teen Trinity House spog.
Padi neem ook 4/41 teen Centurion met Theunis Nel (4/8) wat ook skitter. Anro Nel slaan ‘n goeie 50 (42) ook teen Centurion.
“Die hoofdoel van die toer is om te kyk waaraan ons ook kan werk voor die liga’s begin. So ons weet nou waaraan ons moet werk met elke speler,” noem Volkies se eerstespan afrigter, Wynand Schmitt, wat ook deel van die toer saam met o.15A afrigter, Cobus Crowther, was.
Volkies se eerste span speel ook hierdie week in die Mozzieweek by Hoërskool Nelspruit.
Uitslae:
Volkies o.15 A vs Trinity House o.15A (tydkrieket):
Volkies wen die loot en besluit om eerste te kolf.
Volkies
163/10 in 41.2 beurte
AW van der Merwe – 56 lopies
Trinity House
81/10 in 19.4 beurte
Olefa Padi – 8/25 in 6.4 beurte
Volkies
128/3 in 15 beurte
Trinity House
88/5 in 10.5 beurte
Olefa Padi – 3/37 in 4.5 beurte
Volkies wen met 122 lopies.
Volkies o.15 A vs Centurion o.15 A (50 beurte):
Volkies wen die loot en besluit om eerste te kolf.
Volkies
174/10 in 36.2 beurte
Anro Nel – 50 lopies (42 balle)
Hoërskool Centurion
169/10 in 32 beurte
Theunis Nel – 4/8
Olefa Padi – 4/41
Volkies wen met 5 lopies.
Volkies o/15 A teen Waterkloof o.14A
Waterkloof kolf 1ste en teken 202/7 aan
Volkies teken 84 aan
Waterkloof wen met 118 lopies
Volkies o.15A vs Die Hoërskool Menlo Park 14A (T20)
Volkies kolf eerste en behaal 138/9 in die toegelate beurte.
Olefa Padi teken 45(48) aan.
Menlo 105/10 in 19.3 beurte. Volkies wen met 33 lopies
AW van der Merwe 4/7





