Local newsNewsNews

Waterlekke hou aan voortspring in Bailliepark

“Bailliepark se pyp infrastruktuur is baie oud en moet vervang word. As die waterdruk te hoog gestel word, bars die pype.”

“Bailliepark se pyp infrastruktuur is baie oud en moet vervang word. As die waterdruk té hoog gestel word, bars die pype.”

So sê Anné van Onselen, wyksraadslid in Wyk 3, Bailliepark.

“Ek vra al van 2017 af dat daar begroot word vir hierdie groot projek,” voer sy aan.

Van Onselen sê dat ‘n inwoner ‘n waterlek in Rocherstraat Sondag, 9 Julie aan haar gerapporteer het. “Ek het dit dadelik deurgegee vir aandag omdat dit ‘n groot lek was.”

Die waterlek in Rocherstraat is veroorsaak deur boomwortels wat die asbespyp gekraak het.

Infrastruktuur by die Munisipaliteit het Maandag, 10 Julie die nodige prosesse begin volg om ‘n kontrakteur te kry sodat herstelwerk kon begin.

“Intussen vermors duisende liter gesuiwerde water onnodig,” verduidelik Van Onselen.

Sy sê dat die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) aangebied het om op hul koste, binne ‘n limiet, die lek sal herstel.

Van Onselen het deurentyd met haar wyk gekommunikeer om watervermorsing te vermy totdat die lek herstel kon word. Inwoners moes voor nege-uur in die aand klaar gestort/gebad en kos gemaak het, aangesien die water dan toegedraai was om vermorsing te verminder. Die lek is eers Vrydag, 14 Julie herstel.

Die waterlek in Rocherstraat is veroorsaak deur boomwortels wat die asbespyp gekraak het.

“Die ou asbespyp het gekraak,” sê Van Onselen, “Die oorsaak blyk boomwortels te wees.” “Die munisipaliteit het gereël dat die kontrakteur die werk doen omdat hulle eie spanne nie materiaal het om waterlekke te kan herstel nie,” sê Van Onselen.

“Amptenare kry ‘n maandelikse salaris, maar steeds moet ‘n kontrakteur betaal word.” Verder sê Van Onselen dat sy ‘n lek opgemerk het op die hoek van Rocher- en Richachardsonstraat terwyl sy Vrydagaand patrollie gery het.

“Die hele kruising is onder water wat weer die padoppervlak beskadig,” sê Van Onselen.

“Omdat befondsing ‘n probleem is, het ek al gevra dat daar dan intussen ten minste aan al die hooftoevoerlyne aandag gegee word met vervanging,” sê Van Onselen in verband met die infrastruktuur in Bailliepark wat vervang moet word.

“Die munisipaliteit is bewus van die verouderende infrastruktuur. Meesterplanne in die verband is vasgestel en is amper klaar. Ons is tans in gesprek met Infrastruktuur Suid-Afrika, wie se missie dit is om munisipale infrastruktuur wat vervang moet word, te assesseer en verdere finansiering vir vervanging aan te bied,” het munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite by navraag gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button