Local newsNewsNews
Voertuig en minibus-taxi in botsing betrokke
Die insittendes het geringe beserings in hierdie ongeluk opgedoen.
Daar was vanoggend (Saterdag, 29 Julie) omstreeks 08:00 ‘n botsing op die hoek van Walter Sisulu-rylaan en Mareestraat waarin ‘n ligte voertuig en ‘n minibus-taxi betrokke was.
Nooddienste op die toneel behandel verskeie pasiënte.
ER24 vervoer die insittendes, wat geringe beserings opgedoen het, na ‘n plaaslike hospitaal.
Foto’s: Verskaf
‘n Motoris het vroeg vanoggend omstreeks 05:00 ook ‘n voetuig gerol nadat hy beheer verloor het by die Oudebrug-sirkel in Thabo Mbeki-rylaan. Daar was geen beserings.
Mooirivier Berskerming First Responder, ER24 en SAPD was op albei ongelukstonele teenwoordig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





