Local newsNewsNews

Kontakklasse by NWU opgeskort weens vertraging in NSFAS-betalings

Die NWU bestuur het besluit om met onmiddelike effek kontakklasse op al drie kampusse tot verdere kennisgewing op te skort.

Die NWU bestuur het besluit om met onmiddelike effek kontakklasse op al drie kampusse tot verdere kennisgewing op te skort.

Die rede hiervoor spruit uit onlangse verwikkelinge rakende NSFAS-studente en die NSFAS-diensverskaffer, Norraco, se direkte betaling-sisteem van toelaes aan NSFAS-begunstigdes. Daar is tans ‘n vertraging van betalings aan hierdie studente.

Die Herald het in Julie berig dat die NWU KSR (Kampus Studenteraad) nie ten gunste van NSFAS se nuwe direkte betalingsisteem (Mastercard) was nie. Ten spyte van verskeie vergaderings tussen die NWU en NSFAS, moes die NWU instem om met die nuwe sisteem voort te gaan.

“Ons het herhaaldelik gewaarsku dat hierdie situasie sal gebeur, en ongelukkig is ons advies geïgnoreer. Ons het simpatie met ons studente, veral die NSFAS-begunstigdes wat deur die betalingsvertragings geraak word. Die bestuur wil studente verseker dat alle pogings van die NWU se kant af toegewy is aan daardie aspekte waar ons kon bydra tot ‘n gladde oorhandiging wat in die beste belang van ons studente is,” noem NWU woordvoerder, Louis Jacobs.

Die NWU noem ook in ‘n skrywe wat gisteraand (Maandag, 31 Julie), op hul webblad geplaas is, dat hul sal voortgaan om meer druk op die betrokke strukture, insluitend NSFAS en Norraco, te plaas om ‘n volledige oorhandiging en implementering van direkte betalings of ‘n ernstige oorweging van ander lewensvatbare en volhoubare alternatiewe te verseker.

“Ons erken die studente se frustrasies en die impak wat die vertragings, wanbetaling en derdepartystelselprobleme op die NSFAS-begunstigdes en die akademiese program het. Ons het reeds van die ongelukkige voorvalle gesien wat vandag, 31 Julie 2023 oor ons kampusse gebeur het. Ongelukkig is ‘n besluit oor die oorname van direkte betalings van universiteite deur NSFAS geneem en soos voorheen gekommunikeer, is die NWU ontmagtig deur hierdie proses,” noem Jacobs.

Gister (31 Julie) kon ongeveer 90% van die NWU NSFAS-begunstigdes tegnies toegang tot hul fondse kry, mits die Norraco-stelsel funksioneel was. Dit is begunstigdes wat reeds aan boord is.

Volgens Jacobs is dit van kardinale belang vir die NWU om die 2023 akademiese jaar suksesvol af te sluit en sodoende is daar besluit om tot verdere kennisgewing klasse aanlyn aan te bied. Die NWU sal ook voortdurend alle belanghebbendes in kennis hou rakende die verwikkelinge.

“Die dosente is gevra om die onderrigmateriaal en opnames aanlyn te publiseer vir studente om af te laai en met die akademiese program voort te gaan. Ons versoek personeel om met hul bestuurders te skakel en waar moontlik op afstand te werk tot verdere kennisgewing,” stel Jacobs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button