Volkies blink uit by Allegretto toneelfees
Met puik spel, dring Hanno van Zyl en Thylo Nortier deur na die semi-finaal, waar Thylo as mees belowende aktrise van die week aangewys is.
Vir Volkskool Potchefstroom se talentvolle toneelspelers wat “Die Laastes” beslis nie nie die laaste nie. “Die Laastes” as verhoogstuk is een van twee wat onlangs opgetree het by die FAK/Allegretto-toneelfees in Springs, en met skitterende uitslae weg gestap het. Met puik spel, dring Hanno van Zyl en Thylo Nortier deur na die semi-finaal, waar Thylo as mees belowende aktrise van die week aangewys is.
Hierdie stuk ontvang die volgende toekennings:
Goud vir: Dekor & stel, Beligting, Klank, Verhoogbestuur, Kostuums, Tegniese aspekte
Silwer vir: Hanno van Zyl (spel), Thylo Nortier (spel), Produksie, Regie, Ensemble, Klankontwerp.
Volkies se ander produksie, “Kopvirus”, stap weg met vyf silwer, en ses brons toekennings.
Hierdie is net die begin van Volkies se verhoogseisoen, en die skool sien uit na dit wat hierdie Volkie-leerders nog gaan vermag.



