SportSport

NWU se Elmeré puik teen Trinidad en Tobago in Wêreldbeker

Teen Trinidad en Tobago was die NWU doelskieter, Elmeré van der Berg op haar stukke en het 22/24 doele gesink met ‘n doelpersentasie van 92%.

Die Proteas het weer op die wenpad geklim met ‘n oortuigende 69-28 oorwinning teen Trinidad en Tobago op Maandagaand, 31 Julie, tydens die tweede groepsfase van die 2023 Wêreldbeker -netbaltoernooi in Kaapstad.

In die Proteas se vorige wedstryd het hul met 67-49 teen ‘n ander Karibiese eiland, Jamaika, vasgeval.

Dit was nodig vir die Proteas om weer momentum te bou veral in hul doelwit om op hul tuisbaan ‘n half-eindstrydplek te behaal.

Teen Trinidad en Tobago was die NWU doelskieter, Elmeré van der Berg op haar stukke en het 22/24 doele gesink met ‘n doelpersentasie van 92%. Sy en Nichole Taljaard (80%) het in die doel en hulpdoel posisies gespeel. Ine-Mari Venter (76%) het ook goeie vorm gewys en die punte vir SA in die doelsirkel ingesamel.

Die Suid-Afrikaners sal wel moet verbeter op verbroude kanse veral as die kompetisie die pylvak teen sterker opposisie nader.

Die Proteas se grootste uitdaging sal Woensdag teen die Silwervarings van Nieu-Seeland wees. Hierdie wedstryd sal beslis bepaal of Suid-Afrika op koers is vir ‘n halfeindstrydplek, veral omdat hulle dan teen ‘n begeesterde Uganda in die laaste wedstryd van die groep te staan kom.

Die She Cranes, soos die vrouespan van Uganda bekendstaan, het met slegs 10 doele teen Nieu-Seeland verloor (54-44) en kan nie ligtelik opgeneem word nie.

Proteas wedstryde:

SA teen Nieu-Seeland – Woensdag, 2 Augustus om 18:00.

SA teen Uganda – Donderdag, 3 Augustus om 16:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button