Local newsNewsNews

Honneursgroep wil teruggee aan Abraham Kriel Kinderhuis

Hierdie groep (bekend as Project Connect) het in hulle Projekbestuurmodule die taak om ‘n gemeenskapsprojek uit te voer en sonder om twee keer te dink was hierdie kinderhuis hulle keuse.

Die NWU Ondernemingbestuur honneursgroep maak hulle harte oop vir Abraham Kriel Kinderhuis met ‘n gemeenskapsprojek by Huis Alpha.

Hierdie groep (bekend as Project Connect) het in hulle Projekbestuurmodule die taak om ‘n gemeenskapsprojek uit te voer en sonder om twee keer te dink was hierdie kinderhuis hulle keuse.

Hierdie groep bestaan uit Rochelle Botes (spanbestuurder), Caty Hanekom, Nolly Thutlwane, Tertius Janse van Rensburg en Marcel Pretorius.

Hulle gaan die projek uitvoer by Huis Alpha, waar daar 26 meisies tussen die ouderdom van 7-13 jaar is.

Die plan is om die sitkamer, eetkamer en gang te verf en ook addisionele dekor in te bring wat tafeldoeke, bankkussings ens, insluit.

Die beoogde datum vir die uitvoering van die projek is 9-11 Oktober.

Die doel van die projek is om mense met mekaar te verbind en samehorigheid tussen gemeenskapslede te skep. Hierdie groep is ook toegewyd om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Vir meer inligting en as iemand iets vir die projek wil skenk kan Marcel Pretorius by 078 722 4259 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button