AdvertorialLocal newsNewsNews

Nuwe hoofstuk vir Hearcare Plus

"Jul het getrou saamgeskuif na elke beter bestemming. Nou wil ek jul vra om saam my opgewonde te wees vir nog 'n groter hoofweg na beter gehoor en -omgee dienste... Hearcare Plus."

Soos alles, doen ek ook hierdie op die laaste nippertjie… Om totsiens te sê aan al my pasiënte en hul families. Daar het ‘n nuwe seisoen aangebreek vir my en my gesin in Australië. Hoop ek het elke dag my dankbaarheid teenoor ons plaaslike gemeenskap uitgeleef.

Elmie Visser (Wolmarans) saam met Romi Michal en Nicolene Vlok van Hearcare Plus.

Vir 16 jaar en 8 maande was julle die toonbeeld van vriendelikheid, liefde en volgehoue ondersteuning. Al langs ons dienspad deur Potch het ons pasiënt-familie saamgetrek: Beyers Naude, Medicross en nou Palmietstraat.

Nicolene Vlok en Christelle Taljard, ons
nuwe plaaslike oudioloog van Potchefstroom en Carletonville.

Jul het getrou saamgeskuif na elke beter bestemming. Nou wil ek jul vra om saam my opgewonde te wees vir nog ‘n groter hoofweg na beter gehoor en -omgee dienste… Hearcare Plus.

Nicolene Prinsloo het saam met my studeer van 2000 af. Ons het mekaar deur “varsity” gesleep en gestoot. En soos goeie vriende afskuur aan mekaar, het ek en Nicolene (my mentor en werks-kameraad) nog weer ‘n keer hande gevat.

Vanaf 21 Augustus is Nicolene en haar bekwame span aan stuur van sake. Nuwe naam, maar dieselfde dienslewering, deursigtigheid en vriendelikheid. Die belofte om vir elke pasiënt die ekstra myl te probeer stap. Haar praktyke-groep brei dus nou nog verder uit met die toevoegings van Elmie Wolmarans Oudiologie (Potchefstroom) en Carletonville Earcare.

Nicolene Vlok en Adele Pretorius (praktykbestuurder van Carletonville).

Haar Linden-praktyk bedien al sedert 2005 die gemeenskap met omvangryke gehoor-dienste vir oud en jonk. In die afgelope 18 jaar het Nicolene nog 4 praktyke regoor Johannesburg gevestig. Saam met haar mede-vennote is hulle opgewonde om hul dienslewering en kundigheid uit te brei na die nuwe “babas” in die groep.

Nicolene Vlok en Christelle Taljard, ons
nuwe plaaslike oudioloog van Potchefstroom en Carletonville.

Dus kry ons plattelandse Potchefstroom nou ook ‘n nasionale invloed, maar met klein-dorpie omgee en mentaliteit. Julle as gemeenskap het my elke dag laat uitsien na my werk en dienslewering. Dankie vir elkeen se goeie wense wat my ook vergesel. As jy een keer van Mooirivier se water drink, hou jou hart nooit op Noordwes klop nie!

Elmie Visser (Wolmarans)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button