SportSport

Volkies se paaltjiemasjien gekies vir nasionale krieketkamp

Hoër Volkskool Potchefstroom se belowende draaibouler, Olefa Padi, is vir Krieket Suid-Afrika se o.17 nasionale TAP (Talent Acceleration Program) kamp gekies.

Hoër Volkskool Potchefstroom se belowende draaibouler, Olefa Padi, is vir Krieket Suid-Afrika se o.17 nasionale TAP (Talent Acceleration Program) kamp gekies.

As 15-jarige is dit ‘n fantastiese prestasie. Hy gaan by die die Hoë Prestasie Sentrum in Pretoria vanaf 24-27 Augustus sy vaardighede hier verskerp saam van die land se top afrigters en hoë prestasie sisteme.

Padi het vanjaar op die wintertoer veral amok gemaak toe hy 8 paaltjies in ‘n wedstryd teen Trinity House laat tuimel het.

Hy was op laerskool in Saints Christian School en is nog ‘n voorbeeld van uitnemendheid vanuit Saints se krieketstal.

Muhammad Bulbulia (Fields College) is die ander Noordwes speler wat gekies is vir die TAP-kamp.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button