Local newsNewsNews

Bekende skrywer besoek Potch skole om liefde vir lees te kweek

Die bekende en bekroonde, jeug-en kinderboekskrywer, Fanie Viljoen het op Woensdag 2 Augustus Laerskool Baillie Park, Laerskool Mooirivier en Laerskool M.L. Fick besoek.

Die bekende en bekroonde, jeug-en kinderboekskrywer, Fanie Viljoen het op Woensdag 2 Augustus Laerskool Baillie Park, Laerskool Mooirivier en Laerskool M.L. Fick besoek.

By Laerskool Baillie Park was daar is ‘n opgewonde atmosfeer tussen die leerders.  Viljoen het eers met die Grondslagfase leerders gesels oor sy boeke van Ouma Mollie, sy is die stoutse ouma van Seeperdjiebaai.

Fanie Viljoen het by Laerskool Baillie Park gekuier. Hier is hy saam met Madelaine Zerwick en van die opgewonde leerders. Foto: Verskaf.

Ouma Mollie en haar kleindogter gaan saam “surf” en dan gaan ouma Mollie saam met Nina skooltoe sodat sy alles kan leer wat sy reeds vergeet het.

Viljoenhet daarna met die leerlinge vanaf graad 4 tot graad 7 gepraat.  Hy het onder andere gedeel oor sy nuwe verhaal met die titel : Die lewe se vuil houe.  Hy het ook ‘n paar seuns oorreed om te lees nadat hy oor sy boek Monster rugby gepraat het.  Die leerlinge het na afloop van Fanie se praatjies kans gehad om hulle boeke persoonlik te laat teken deur die skrywer.  Baillies het die daaropvolgende Maandag 7 Augustus en Dinsdag 8 Augustus ‘n boekuitstalling aangebied in die skool se Mediasentrum.

Vanaf 14-15 Augustus het Tokkies ‘n geleentheid gehad om van Viljoen se boeke en talle ander stories te kan aanskaf by ‘n boekuitstalling.

Fanie Viljoen tydens sy besoek aan Laerskool Mooirivier.

M.L. Fick Daar se boekuitstalling het ook by die skool vanaf 24-25 Augustus plaasgevind.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button