“Onfiks en veertig” gaan jou lagspiere kielie
Met sy kenmerkende energie en vlymskerp humor deel die komediant, Alfred Adriaan, die vreugde en vrese van ’n middeljarige, getroude man.
Alfred Adriaan het verlede jaar veertig jaar oud geword en vier hierdie mylpaal met ’n nuwe eenmanvertoning: Onfiks en veertig.
Met sy kenmerkende energie en vlymskerp humor deel Alfred die vreugde en vrese van ’n middeljarige, getroude man. Hy het heelwat te sê, en baie om oor te kla… Soos gewoonlik delf Alfred diep in sy eie familielewe om stories te vind wat die gehoor sal laat skaterlag. Hierdie boorling van Hankey is deesdae een van Suid-Afrika se gewildste komediante met uitverkoopte vertonings oor die land heen. Hy tree ook gereeld in die buiteland op.
“Hoe meer ek toer, hoe meer besef ek hoe uniek Suid-Afrika is. My produksies hier, en veral dié in Afrikaans, is altyd my lekkerste en beste. Afrikaanssprekendes het goeie smaak in komedie en ons vat nie dinge te ernstig op nie. Ons moet mekaar net so nou en dan herinner dat dinge sal beter word en dat ons maar bietjie mág lag.” sê Adriaan.
Jy het hom al gesien op sosiale media, so kom kyk nou self hoe hy feesgangers laat kraai van die lag. Hy sien uit daarna om vir die eerste keer in jare by Aardklop op te tree. Slegs een vertoning, moenie laat slaap nie. Pappa kom Potch toe, en dié keer is hy onfiks en veertig.
Hy nooi almal om saam te kom lag: “Enigiemand ouer as dertien sal die produksie geniet. Sommige grappe sal snaakser wees vir mense met bietjie meer ervaring in die lewe, maar ek het die teks geskryf met die hele gesin in gedagte.”
Moet nie uitmis op spesiale lentedag-afslag nie!
Op Donderdag 31 Augustus en Vrydag 1 September kry jy feesgangers 30% Lentedag afslag op hierdie produksie! Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting. Volprys is R170, maar dan slegs R119!
Met: Alfred Adriaan
Teks en regie: Alfred Adriaan
Vervaardiger: Erns Grundling
Genre: Skerpskerts
Taal: Afrikaans
Gradering: Ouerbegeleiding (T)
Tydsduur: 80 min.
Venue: Ouditorium
Datum en tyd: 7 Oktober – 19:00
Kaartjies: R170, R150 (Aardklop Hartsvriende), R130 (studente)
Kaartjieverkope is reeds oop.
Besoek ons webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za