Local newsNewsNews

Oud-Gimmie in motorongeluk op die Bult oorlede

'n Oud-Gimmie, Landré Gustafson is vroeg vanoggend (3 September) omstreeks 02:10, oorlede in 'n motorongeluk op die hoek van Meyerstraat en Thabo Mbeki-rylaan.

‘n Oud-Gimmie, Landré Gustafson is vroeg vanoggend (3 September) omstreeks 02:10,  in ‘n motorongeluk op die hoek van Meyerstraat en Thabo Mbeki-rylaan oorlede.

Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke. Landre, ‘n 2021 matrikulant, is op slag in die ongeluk oorlede nadat sy bakkie gerol het.

Sy ma, Laetitia Gustafson, en haar gesin, was in ‘n voertuig agter hom toe die ongeluk gebeur het.

“Dit het meer as 4 ure gevat om hom uit die voertuig te sny,” noem Laetitia hartseer.

Mooirivier Beskerming First Responder en ER24 was eerste op die toneel, waarna die SAPS die toneel oorgeneem het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button